Welkom by die FransLyons Webtuiste
Prysrisikobestuursprodukte is by uitstek geskik om die volhoubaarheid van boerdery-ondernemings te verbeter. Hierdie produkte stel boerderye in staat om met groter sekerheid van jaar tot jaar te oorleef. Die oorlewingsvermoë word gevestig deur die prysrisiko vooraf bekend, beperk en bekostigbaar te hou. In ooreenstemming met opsieteorie word groot klem gelê op die feit dat onverskansde en verskansde produkte oor die langtermyn soortgelyke opbrengste kan hê. Oor die langtermyn word die koste van verstandige verskansing deur meer bestendige opbrengste opgemaak. |
|
|
‘n Langtermyn proses
Frans Lyons Prysrisikobestuur en prof Petrus H Potgieter, Departement Besluitkunde, Unisa
Graanverskansing is ‘n langtermyn proses wat ‘n funksie is van mark-aannames, vooraf-aanvaardings en jaarlikse kalenderdag-metodes. Hierdie langtermyn proses word ‘n meester-verskansingsplan genoem. Elke jaar se verskansingsplan moet gebaseer wees op die meester-verskansingsplan. Daar kan dus nie in ‘n spesifieke jaar markbesluite geneem word as dit nie voldoen aan die meester-verskansingsplan nie.
|
|
Lees meer...
|
|
|

Vir die hedendaagse boer is blootstelling aan prysrisiko onvermydelik. Die bestuur daarvan is egter ’n komplekse onderneming en markstrategieë wat prysrisiko bestuur moet nugter benader word. ’n Strategie wat blootstelling aan prysrisiko verminder, word as verskansing beskryf.
|
|
Lees meer...
|
|
|
Hierdie inligting word verskaf sonder waarborg van juistheid of toepaslikheid en hoort nie as finansiële advies gelees te word nie.
Die inhoud van hierdie enkele bladsy word in die openbare domein geplaas en mag gekopieer word, slegs met vermelding van
die outeur, en voorts ook gewysig en hergebruik word na willekeur maar (streng) slegs met verswyging van die outeur.
Copyright 2010 Frans Lyons. All rights Reserved.